Katkisasie 2026 - Registrasie

Ons is dankbaar dat jy in jou Gr.11 kind se lewe wil investeer deur hom/haar deel te maak van Inpas Gemeente se Katkisasie jaar 2026.

Die datums en  jaarprogram sal binnekort deurgegee word.

BELANGRIKE INLIGTING:

1. Bywoning – Katkisasie Reëls
· Vir jou kind om hierdie jaar suksesvol af te handel moet hy/sy 80% van die sessies bywoon.
· Hy/sy het dus ‘n maksimum van 5 geleenthede wat hy/sy kan misloop (spaar dit vir noodgevalle), maar die volgende geld:
- Hy/sy mag nie twee agtereenvolgende sessies misloop nie;
- Hy/sy mag slegs een sessie per maand misloop.

2. Tye
· Sondae middae om 16:00-17:00. (Fondasie bywoning van 17:00-18:30)

3. Bymekaarkomplek
· Hoërskool Die Wilgers (Personeelkamer)

4. ZOOM- Sessies
· In die geval van uitsonderlike tye wat ons verhoed om in-persoon te ontmoet, sal ons per Zoom vergader.

5. Benodigdhede
· Bybel en pen.
· ‘n Katkisasie handboek. (te koop beskikbaar)

6. Koste
· R200 vir die Katkisasie handboek.
· R150 per maand vir Februarie, Maart, April, Mei, Junie, Julie, Augustus en September. D.w.s R1200, wat insluit ‘n temperament-toets, die geskenk en die vieringsgeleentheid.

(Gebruik asb die volgende verwysing: “Katkisasie,Kind se naam”)

Inpas Gemeente PTA-OOS
Menlyn Maine
FNB Tjek
Takkode: 252445
Rekening: 62614243468

Links vir SNAPSCAN en ZAPPER:
SNAPSCAN: https://pos.snapscan.io/qr/PXMP9588
ZAPPER: https://zapper.com/url/5Q8wt0cjaB

Dui asb aan van watter betalingsmetode u gebruik gaan maak & datum van oorbetaling.

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.